Sayeret Matkal

Sayeret Matkal
סיירת מטכ"ל
Gestig 1957
Land Vlag van Israel Israel
Weermagdeel Militêre Intelligensie Direktoraat
Onderdeel van Israelse Weermag
Tipe Spesiale operasiesmag
Spesialisasie Spesiale verkenning, Direkte aksie (militêre), Raid (militêre), gyselaarbevryding, Teen-terrorisme en meer.
Veldslae Uitputtingsoorlog
Sesdaagse Oorlog
Jom Kippoeroorlog
Operasie Entebbe
Libanon-oorlog van 1982
Eerste Intifada
Tweede Intifada
Libanon-oorlog van 2006

Sayeret Matkal (Hebreeus: סיירת מטכ"ל – "Generalestaf verkenningseenheid") is die elite spesialemageenheid van die Israelse Weermag (IDF). Dit is in 1957 gestig as Eenheid 269 deur veterane van die valskermbrigade, Eenheid 101 en die Weermag se Intelligensieafdeling (Aman). Die eenheid is verantwoordelik vir teen-terreur-operasies, verkenning in vyandige gebied en intelligensie insameling. Sayeret Matkal is ook verantwoordelik vir gyselaarbevryding buite die grense van Israel. Die eenheid word geskoei op die Britse SAS en rapporteer aan Aman. Die eenheid se leuse is "Wie waag, wen" (dieselfde as die SAS-leuse).

Sayeret Matkal is veral bekend vir Operasie Donderslag, meer algemeen maar verkeerdelik bekend as Operasie Entebbe, waartydens meer as 100 Air France-lugdienspassasiers wat deur Palestynse en Duitse militantes na Uganda gekaap is. Tydens dié operasie sterf die eenheid se bevelvoeder Jonatan "Jonie" Netanyahu (Benjamin Netanyahu se broer).

Die eerste ministers Benjamin Netanyahu, Ehud Barak en Naftali Bennett was lede van die Sayeret Matkal gewees.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search